0
Profesie, die lamp en die lig

1        LAMPLIG TOT STERLIG
“en ons het die profetiese woord, wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die more-ster opgaan in julle harte”
Jesus
Jesus (Photo credit: Wikipedia)
Petrus wat in afwagting op sy Messias se waarskuwing van “‘n einde van dae” was, is hier besig om nog een laaste maal die volgelinge van Jesus te herhinder aan die waarheid wat hy deur sy opgestane Messias, Yeshua bekom het. Nog vir oulaas sien hy die noodsaaklikheid om dit weer op hulle harte te druk. Petrus wat op die stadium ‘n sterwende man is, het hier die groot behoefte en verantwoordelikheid om, soos Christus hom beveel het, die leier van Sy kerk te wees.



Toe die apostels die skares aangespreek het en verkondig het van die Evangelie, het hulle dit nie gedoen om roem, rykdom of enige vergoeding nie. Nog minder was hulle deel van een of ander politieke party of sosiale beweging wat graag steun wou verkry in hulle saak teen die owerhede nie. Hulle praat hier as Ooggetuies van die majesteit van Jesus. Hulle het met oortuiging hulle werke, families en alle besittings prysgegee, hulle “verset” teen die owerhede van die dag en in hulle eie politieke, sosiale en kerkverband, lynreg teen alles en almal se gryn in beweeg.
Om dit in perspektief te sien moet mens dit vergelyk met ‘n hedendaagse situasie waar ons onder owerhede funksioneer wat ons vyandig gesind is, waar ons slegs die beskerming van ons kerke, kultuurgroepe en families geniet, of ons word totaal plat getrap. Ja, selfs in ‘n soortgelyke situasie as ons, moes die mense getuig van hoop, lewensverwagting en wonderwerke, terwyl hulle vasgehou het aan die Ultra-moderne idee van ‘n Verlosser wat aarde toe gekom het en nou vir al die mense se sondes kom betaal het.

In realiteit, sou mens vergewe kon word om hierdie aksies in ‘n hedendaagse situasie as totale waansin of miskien bietjie Bi-poler te sien. Dit sou hulle nie net totaal afsny van hulle gerespekteerde kerkleiers nie maar hulle het effektief hulle eie doodsvonnis geteken! Want soos die Afrikaner in 2016, was hulle skuldig aan volksveraaing en wette van die kerk wat die doodsvonnis regverdig het, deur slegs hulle geloofsoortuigings bekend te maak. Geloofsoortuigings wat die verbondsvolk of eersgebore seun van nasies vir bykans 3500 jaar reeds nagevolg het.
Maar as jy met jou eie oe gesien en eie ore gehoor het wat hulle gehoor en gesien het, sou jy sekerlik ook glo.

Petrus vertel ons van ‘n klein subkultuur wat ontwikkel het waar groepies mense hulle voorbeeld gevolg en hulle aardse besittings prysgegee het om die volgelinge van Jesus finansieel te onderhou. Die eerste bekeerdes het bymekaar gekom, en alles gemeenskaplik besit. Hulle het alle eiendom en besittings verkoop en die opbrengs verdeel tussen mekaar en aan elkeen wat iets nodig gehad het, is gegee. Dag in en dag uit het hulle as ‘n eenheid volhard en hulle kos, klere en alles gedeel. Hulle het van huis tot huis bidure gehou en nagmaal gebruik en in blydskap die Magtige God geprys en geloof vir sy goedheid. Ja, selfs diegene wat hulleself net so bietjie wou terughou het op die plek tot sterwe gekom. Handelinge 5 vertel ‘n storie waar Ananias en sy vrou Safira, net so klein bietjie geld teruggehou het nadat hulle hulle eiendom verkoop het en die geld met die gemeenskap gedeel het. Toe Petrus vra waarom hy nie alles gegee het nie, het hy geweet daar’s geen manier wat hy gaan kan verduidelik wat sy motivering was nie. Petrus herhinder hom dadelik dat nie vir mense gelieg het nie maar vir God self. Binne oomblikke nadat hy die woorde gehoor het, slaan hy morsdood neer. Sy vrou Safira kom so drie ure later daar aan, seker van een of ander winkel af omdat sy bietjie shopping geld moes gaan uitgee, vra waar Annanias is. Petrus vra haar dieselfde tipe vraag as Annanias en hy laat haar sommer weet sy is volgende. Sy woorde was skaars koud of sy slaan neer en sterf op die plek.

Nou mag dit klink of die Petrus se eie werk was, maar hier word ons eintlik bewus van ‘n kennis of wete wat Petrus oor beskik het van wat gaan gebeur in die nabye toekoms, eerder as wat sy eie aksies gaan wees. Die presiese werking van die wonder is hier baie interressant; God, nie Petrus nie, het hierdie twee mense se lewe ge-eis op grond van hulle bedekte motiewe. Petrus, Christus, alle appostels het mense genees, vergewe en gesond gemaak, maar hier word mense op grond van een oortreding onmiddelik ter dood veroordeel. Dit klink sommer onmiddelik hier of ons weer uit die ou testament lees waar wette met die dood gestraf was. Die kontrasterende gedagte sal menige atheis laat lekker kry en hy gaan verseker die argument lig dat God nie ‘n vredeliewende teddybeer is wat net vreugde, vrede en vergifnis verkondig nie. Selfs Jesus, met wie se lewe hulle vervul was, het nie sulke dinge gedoen nie. Alhoewel Petrus, soos ander apostels, oor ‘n vermoe beskik het om wondere te doen, is dit op nadere inspeksie opvallend om te sien ons dat dit eerder God is wat dit laat gebeur en Petrus se gedrag na die voorval beklemtoon dat hy nie homself sien as die person wat die besluit geneem het nie en hy bloot aangaan asof niks gebeur het nie!

So word petrus opgesluit in ‘n tronk en deur die nag gaan die tronk deure oop en hulle gaan reguit temple toe. Dieselfde temple wat laaste Sabat nog geleer het jy mag YHVH alleen aanbid, word hier nou ‘n nuwe denkrigting gepreek. Soos die owerhede bewus word die gevangenis het ontsnap, gaan kry hulle hulle binne in dieselfde kerk wat hulle wil laat toesluit. Petrus antwoord hier op ‘n vraag van die owerhede met ‘n baie sterk geloofsoortuiging; “Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense. Die God van ons voorvaarders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het en deur Hom aan die kruis te laat hang”.

Loop ons die pad, wat Petrus ons aangewys het? Reageer ons in ons gemeenskappe soos die apostels?
Steur ons onsself nog aan professie?

Post a Comment

 
Top